Zaan Sonnekus stel Hoog musiekvideo vry!
Zaan Sonnekus, is ’n sanger en liedjieskrywer wat niks halfhartig doen nie en met sy nuutste musiekvideo wys hy weereens dat hy ’n kunstenaar is om mee rekening te hou op elke vlak van sy loopbaan.
“HOOG gaan oor hoe jy deur die hoogtes en laagtes in jou lewe na jouself soek, totdat jy uiteindelik jou voete vind. Dit is ’n konstante proses en in die video word hierdie soektog uitgebeeld. Ons hardloop deur bos en stad en bots teen mense en die natuur… en ek val regdeur die musiekvideo, tyd, moed en gedagtes, totdat ek weer opstaan en begin soek,” verduidelik dié rocksensasie, met sy donker lokke en poëtiese lirieke, oor die inspirasie agter sy indrukwekkende video-poging wat beloof om jou op ’n onvergeetlike visuele en emosionele reis te neem.
Die video, wat deur Wian van der Walt en Francois Roux vervaardig is, is op verskillende plekke verfilm, insluitend ’n natuurreservaat in Alberton, in die stad, in sy eie huis in Pretoria en in Krugersdorp (waar die reksprong-toneel geskiet is). “Ek dink dit is visueel sterk en ek hou van die feit dat dit ’n storie vertel en nie soos in die verlede ek en my orkes is wat optree nie,” deel hy.
HOOG, wat deur Tertius Human van CoolerBox Brothers vervaardig is, is ’n alternatiewe folk-snit uit die twee-en-twintig-jarige Pretorianer met sy kunstige versameling tatoes se eie pen en kan beskryf word as ’n hoopvolle goedvoel-liedjie met ’n donker laag.
Dis die tweede enkelsnit vanaf sy komende album en volg in die voetspore van sy treffer, Ek Kan Net Bid, wat vroeër vanjaar vrygestel is. Beide hierdie liedjies kan op elke prominente radiostasie in die land gehoor word.
Zaan het in Bloemfontein grootgeword en het na skool musiekvervaardiging gaan studeer by COPA. Hy is reeds vyf jaar voltyds in die bedryf doenig en is duidelik besig is om ’n omwenteling in die Afrikaanse rockmark te veroorsaak.
Hy het hy dit geniet om saam met ’n professionele span mense aan sy nuwe video te werk en glo hy dat dit sal aanklank vind by oud en jonk.
Op 3 Oktober open hy vir Spoegwolf by PARK ACOUSTICS. Deure open om 09h00 en die vertonings begin om 10h00. Dit beloof om ’n geleentheid te wees wat jou wildste verwagtinge gaan oortref en Zaan het ’n spesiale verrassing vir sy aanhangers wat wag by die vertoning!
Kry jou kaartjie hier: https://plankton.mobi/Events/EventBooking/cc8b19be-2207-ec11-80d9-0cc47a93d288
HOOG is nou aanlyn op alle digitale platforms beskikbaar. Laai dit hier af: https://zaansonnekus.hearnow.com/hoog
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/ZaanSonnekus.music
Instagram: @Zaan_Sonnekus
Webblad: www.zaansonnekus.com
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCCZIFQkm_94s3jtwi81kM_g
SoundCloud: https://soundcloud.com/zaan-sonnekus