Wesens nou beskikbaar op Showmax!

WESENS, die veel bekroonde Karoo Sci-Fi film wat in Oktober verlede jaar in Suid-Afrikaanse bioskope vrygestel is, is nou eksklusief beskikbaar op Showmax. 

Hierdie raaiselagtige wetenskapfiksie-film volg vier Suid-Afrikaanse Republikeinse Intelligensie-diens Agente wat met behulp van onderskeidelik ʼn Super 8 en 16 mm-kamera ‘n vreemde voorwerp ondersoek wat op 3 Desember 1967 op ‘n boer se plaas in die Karoo geland het. Wat volg is die ontknoping van ‘n raaisel wat jou sal boei tot die laaste oomblik.

Filmresensente soos Leon van Nierop, Anna-Marie Jansen van Vuuren, Francois Bekker en vele ander was gaande oor  die eerste vollengte film van skrywer en regisseur Derick Muller.

“Wesens is soos niks wat jy nog in Afrikaans gesien het nie“, skryf Leon van Nierop, wie ook die film gelys het as een van sy Top 10 films van 2020.

Rapport het die film vier sterre gegee en dit ‘n “baanbreker-fliek” genoem en Radio Sonder Grense het dit geprys as “een van die raarste films wat nog in Afrikaans gemaak is.

Anna-Marie Jansen van Vuuren noem dit “die eerste regmatige Afrikaanse wetenskapsfiksie rolprent“, terwyl Francois Bekker in die FAK se Flink tydskrif skryf dat “die ernstige rolprentganger die filmiese elemente terdeë sal geniet.

Siegfried Louw van LiG tydskrif het gesê dat nadat hy die film gekyk het “voel jy soos iemand wat die geleentheid gekry het om iets uit te vind wat jy nie veronderstel is om te weet nie.

Laetitia Pople van Netwerk24 (Die Burger/Beeld) het geskryf dat Albert Maritz heerlik is om te beleef as die boer wat ‘n vreemde vonds op sy plaas aanmeld. “Maritz gee dit sekuur weer en laat ‘n mens uit die maag laag.”

Die rolverdeling van hierdie eerste van sy soort Karoo Sci-Fi film sluit in bekroonde Suid-Afrikaanse akteurs soos Albert Maritz (Griekwastad, Fynskrif, Trackers), Pietie Beyers (Binnelanders, Vergeet My Nie) en Morné Visser (The Kissing Booth, The Harvester, Dis ek, Anna). Die film sluit ook in nuwe gesigte soos Randy Januarie (Projek Dina, Die Sentrum), Rayno von Schlicht en Conradie van Heerden (Fynskrif, Sara se Geheim).

KYK DIE lokprent HIER:   https://www.youtube.com/watch?v=ZrDkR3D2wFw

SOSIALE MEDIASKAKELS:

Facebook:             (20+) Wesens Film | Facebook
Instagram:            @wesensfilm
Webtuiste:          www.wesens.co.za

PUBLICITY

Starburst Promotions / Alishia van Deventer / Cell: 083 635 4717
E-mail: alishia@starburstmusic.co.za
www.starburstmusic.co.za