Posduif stel debuut album vry!
POSDUIF het lank gewag en hard gewerk vir die dag wat hulle, hul debuut-album met hulle aanhangers en die publiek kan deel en nou, op 28 Oktober 2021 word hierdie droom waar!
NIKS VERGELYK, word op 28 Oktober uiteindelik bekendgestel en beloof om eie te wees aan POSDUIF se klank. Dit sal iets hê om elke oor tevrede te stel. “Elke liedjie wat ons ingesluit het, is vol en interessant en vertel stories waarmee luisteraars kan vereenselwig”, sê James Boland, voorsanger van die groep.
Hulle het beplan om die album verlede jaar vry te stel, maar die pandemie en inperkingsmaatreëls het hierdie planne in die wiele gery. Soos altyd het hulle dit reggekry om iets positief daarvan te maak en ’n album saamgestel waarop hulle regtig trots is.
“Die album bied ’n kombinasie van liedjies, wat jou sal laat saamsing of emosioneel sal maak. Dit is ’n versameling stories oor die lewe en elke liedjie het ’n dieper betekenis,” sê Boland. “Die idee was om ’n album te skep wat jy van begin tot einde kan luister, sonder om belangstelling te verloor. Daarom het elke liedjie ’n unieke klank en storie”, gaan Boland voort.
POSDUIF het nou maar een maal die unieke gawe om hulle gedagtes en gevoelens op ’n manier weer te gee, wat so lekker is om na te luister, dat almal daarby aanklank vind. Hulle nuutste enkelsnit, NIKS VERGELYK, is geen uitsondering nie. In tipiese POSDUIF-styl, kry hierdie liedjie dit reg om iets te vier wat baie van ons as vanselfsprekend aanvaar – vriendskap! Hierdie lekker saamsing-liedjie uit die pen van James Boland en kitaarspeler, Nick Jordaan is op 30 September uitgereik en kan reeds op nasionale radiostasies landswyd gehoor word en het reeds die trefferparades van verskeie radiostasies betree.
Die opwindende musiekvideo is deur die SAMA-benoemde vervaardiger, Kyle White, vervaardig en het ‘n tagtigs-aanslag met ‘n prettige verhoogoptrede-konsep.
KYK DIE VIDEO HIER: https://youtu.be/YBqUKMmNxGw
POSDUIF is in 2018 gestig en sommer vinnig deur Bok Radio benoem as Groep van die Jaar en vir Liedjie van die Jaar.
Die groep bestaan uit Boland, Jordaan, Gopal, Campbell en nuweling, Nick McCreadie, op die dromme.
LYS VAN SNITTE OP DIE ALBUM
1. Laat val die Water
2. Stellenbosch Somersaand
3. Engeland
4. Niks Vergelyk
5. Valskerms
6. Herinner My
7. Braai Song
8. Spinnekop
9. Wat van Jou
10. My Gesin
Bonussnitte op die fisiese album:
11. Brandy Special
12. Een vir My
NIKS VERGLYK is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Laai dit hier af: https://Posduif.lnk.to/NiksVergelykAlbumMB
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/PosduifLive/
Instagram: @posduif_live
Twitter: @Posduif14
Webblad: https://posduif.live/
PUBLISITEIT EN BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za