Claire Hopkins stel prettige musiekvideo vry vir Keeper!
Skaars ’n paar weke gelede het die sanger en liedjieskrywer, Claire Hopkins, gehore in vervoering gehad met die vrystelling van haar eerste oorspronklike enkelsnit, KEEPER.
Dit is ’n baie persoonlike country-/ popsnit wat geïnspireer is deur hoe sy en haar kêrel, Stuart, ontmoet het en daaroor gaan om dadelik te weet dat julle vir mekaar bedoel is.
Nou is sy terug in die kollig met die vrystelling van hierdie snit se unieke en plesierige musiekvideo. “Dit is eintlik glad nie wat ’n mens verwag nie,” erken Claire. “In plaas daarvan om die liedjie letterlik te interpreteer, het ons ’n kinkel in die kabel beplan. Alhoewel ek mal is oor Stuart in die video, voel hy nie dieselfde nie. Daarna volg ’n “gereëlde troue” waar die bruidegom deur die strooimeisie ontvoer word na die seremonie en letterlik deur die bruid ‘gedwing’ word om deel te neem aan die feestelikhede.”
Die idee vir die video is gekonsepsualiseer deur die regisseur, Tylo Ribeiro, van Inkglas met Claire se insae. “Ek wou hê dat die video pret, uniek en onvoorspelbaar moes wees. Ons wou nie konsepte herhaal wat gewoonlik met liefdesliedjies geassosieer word nie. Dit moes iets onvergeetlik wees, wat my sin vir humor weergee.”
Kyk die video hier: https://youtu.be/Rfv1fuBmpYc
KEEPER is dié jong kunstenaar se derde vrystelling – sy het ook vroeër vanjaar weergawes van Drunk en Undo It uitgereik. Haar tweede oorspronklike snit word reeds vervaardig.
Claire is in Durban gebore en het saam met haar gesin na Johannesburg verhuis toe sy vier was. Sy was haar hele lewe lank passievol oor musiek en het reeds op hoërskool professionele sanglesse ontvang. Op sewentien, het sy haar weergawe van Adele se Someone Like You professioneel laat opneem.
Tans is sy besig om haar sielkunde-opleiding en -studies (internskap) te voltooi en erken sy dat sy ewe passievol is oor haar loopbaankeuse en musiek.
Alhoewel sy nie daarvan hou om te ver vooruit te beplan nie, wil dié talentvolle musikant haar musiek gebruik om vreugde, hoop en positiwiteit te versprei. As haar nuutste vrystelling enigsins ’n voorbeeld is van wat sy beplan, gaan sy beslis hierdie doelwit bereik.
KEEPER is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Kry dit hier:
https://music.apple.com/za/album/keeper-single/1587180630
https://music.youtube.com/watch?v=-_A4OMLNp8g&feature=share
SOSIALE MEDIA SKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/claire.hopkins.923/
Instagram: @claire_bear_hopkins
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCPLDwpzRD-JBQGELjnOxQTw/featured
TikTok: @clairehopkins357