Daryn’s Gym landswyd beskikbaar op eVOD vanaf 1 Desember!
Die datum waarop die draaiboekskrywer en regisseur, Brett Michael Innes, se splinternuwe komedie landswyd vrygestel word, is pas aangekondig.
Hierdie rolprent speel af in ’n familiegimnasium in Randburg en vertel die storie van Daryn Jnr se struwelinge met die genadelose eienaar van ’n multinasionale fiksheidsentrum. Dit sal vanaf 1 Desember 2021 op eVOD beskikbaar wees (https://watch.evod.co.za) vir die hele land om te geniet.
DARYN’S GYM stel die nuweling, Clifford Joshua Young, aan gehore bekend, maar plaaslike gunstelinge soos Natasha Sutherland, Hlubi Mboya, Siv Ngesi, Deon Coetzee en Carla Classen is ook in die fliek te sien, asook Shahan Ramikissoon wat ’n gasverskyning maak.
Innes, wat in Randburg grootgeword het, sê: “Ek het vir ongeveer vyftien jaar by ’n groot, bekende fiksheidsentrum geoefen, wat oorkant die pad geleë was van die gimnasium wat die fliek geïnspireer het. Oor die jare, het ek gereeld gewonder hoe so ’n klein besigheid staande kan bly langs so ’n reuse nasionale maatskappy. Dit was dus die perfekte plek om die film te skiet.”
Oor sy rol in die skreeusnaakse kamma-dokumentêr, sê Young: “Hierdie is ’n droom wat bewaarheid is toe ek dit die meeste nodig gehad het. Buiten vir die fliek, het ek die geleentheid gekry om saam met Brett te werk. Hy is nie net een van my beste vriende nie, maar ook iemand wat ek al vir ’n lang tyd bewonder. Die draaiboek is spesifiek geskryf om my sterkpunte te komplementeer en ek hoop dat dit vir gehore ook hoop en plesier sal bring.”
Ander goeie nuus is dat die fliek met ’n ongelooflike temalied – DON’T STOP – spog uit die pen van die talentvolle sanger en liedjieskrywer, Loki Rothman. Rothman was ook verantwoordelik vir die klankbaan en die enkelsnit word dié week aan radiostasies bekendgestel!
“Alhoewel temaliedjies nie deesdae meer algemeen is nie, hou ek daarvan as ’n fliek een het, omdat dit ’n manier is om die storie in musiek vas te vang,” sê Innes. “’n Paar dae nadat Loki aan die klankbaan begin werk het, het hy vir my die liedjie gestuur om te luister en binne sekondes het ek geweet dat dit die temalied moes wees. Dit vang nie net die hart van die fliek vas nie, maar is ook ’n lekkerluister liedjie waarvan ek nie genoeg kan kry nie. DON’T STOP is die vars somersbriesie wat ons almal nodig het na ’n jaar van inperkings, kragonderbrekings en winter.”
Volgens Rothman is dit die eerste keer wat hy ’n tagtigspopstyl-liedjie soos DON’T STOP uitbring. “Dit is altyd opwindend om temaliedjies vir flieks te skep, omdat dit my uit my gemaksone kry. Nadat Brett vir my die fliek en opdrag gestuur het om aan ’n tagtigsklankbaan te werk, het een van die melodieë my geïnspireer om lirieke by te skryf om by die storie te pas. Dit was nooit die plan om ’n temalied te hê nie, maar nadat ek die liedjie vir Brett gestuur het, het hy die besluit geneem en dis hoe DON’t STOP gebore is,” sê Loki.
Dit is die tweede keer wat Loki en Brett saam werk aan een van sy flieks. Rothman het ook Margot Rothman se weergawe van Toe Vind Ek Jou vervaardig vir Brett se vorige treffer, Fiela se Kind.
DON’T STOP is die perfekte liedjie vir die somer en vir jou oefenspeellys.
Skakels na die liedjie:
https://music.apple.com/us/album/dont-stop-official-theme-song-to-the-film-daryns-gym-single/1595608970?ls=1
http://open.spotify.com/album/5VTPiKFDauEbjVgIzgzBI8
Kyk die lokprent vir DARYN’S GYM onder en kyk dit vanaf 1 Desember 2021 op eVOD
Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=By_u3qlcIvE&feature=youtu.be
eVOD is eMedia se nuutste aanlyn-stromingsdiens, wat in Augustus vanjaar geloods is, waarop kykers sonder ’n maandelikse intekening dramas, rolprente en dokumentêre kan kyk met die opsie om op te gradeer na ’n premium-kykervaring. “Ons is passievol daaroor om in plaaslike talent en vervaardigde vermaak te belê,” sê eMedia.
DARYN’S GYM word met trots aangebied deur eVOD, in samewerking met Nostalgia Productions en TMPC.
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/darynsgym
Instagram: @darynsgym
Hutsmerk: #darynsgym #weightsbeforedates #killemwithkindness
IMDb: https://www.imdb.com/title/tt13582950
eVOD
Facebook: https://www.facebook.com/darynsgym
Instagram: @evod_sa
Hashtag: #eVOD
PUBLISITEIT & BEMARKING: @STARBURST PROMOTIONS
#RegteMense #RegtePublisiteit #RegteResultate
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za