Francine Rivers se Redeeming Love NOU in rolprentteaters!

Die lewensveranderende verhaal oor die krag van onvoorwaardelike en oorlvoedige liefde, REDEEMING LOVE, sal vanaf Vrydag, 21 Januarie 2022 in plaaslike bioskope te sien wees.  Dié aangrypende romantiese drama en topverkoper deur Francine Rivers vertel die kragtige storie van ‘n paartjie se liefde en deursettingsvermoë tydens die goudstormloop in Kalifornië in 1850. 

REDEEMING LOVE, wat plaaslik versprei deur Filmfinity Edms (Bpk.) het op Donderdagaand, 19 Januarie 2022 die film se Suid-Afrikaanse premiere aangebied by Nu-Metro in Hyde Park @numetrohydepark en dit was ‘n onvergeetlike oomblik toe plaaslike sterre, Daniah de Villiers, Clyde Berning, Brandon Auret, Lauren McGregor en Milton Schorr hulle verskyning op die rooi tapyt maak. 

Sien fotos hier: https://www.dropbox.com/sh/rzxag9dsh8u8wbn/AAC_iNkeED3bJg67jk2lBvDra?dl=0

Krediet: Brendan Croft

Vanuit New York het Francine Rivers op Twitter gesê:  “Opwindend nuus!  #RedeemingLoveMovie stel hierdie Vrydag – dieselfde dag as in die VSA – in Suid-Afrika vry.  Ons het die fliek in hierdie mooi land verfilm.  Baie van die span en akteurs was Suid-Afrikaners.  Ons kan nie wag vir die res van die wêreled om dit te sien nie!

Ander Suid-Afrikaanse sterre wat in die film te sien is, is Tanya van Graan, Stephen Jennings en dit was ‘n gesamentlike projek tussen twee vervaardigers, Cindy Bond en Simon Swart.  Die hoofkarakters word vertolk deur Abigail Cowen en Tom Lewsi en ondersteun deur ‘n sterk rolverdeling waaronder Famke Janssen, Eric Dane, Logan Marshall-Green en Nina Dobrev, om net ‘n paar te noem.

Sedert REDEEMING LOVE in 1991 gepubliseer is (Verlos deur die Liefde in Afrikaans), het dit meer as driemiljoen eksemplare verkoop en is dit vertaal in dertig tale. Dit is ’n moderne weergawe van Hosea se verhaal in die Bybel en fokus op die ongewone verhouding tussen Sarah, wat Angel word, en Michael Hosea. Dié agtienjarige meisie is as kind verkoop vir prostitusie en is nou ’n pragtige en gewilde vrou in ’n rowwe prospekteerdorp in Kalifornië. Michael is ’n boer en ’n diepgelowige man. Deur hulle verhouding ontdek Angel dat liefde enige pyn kan genees. 

D.J. Caruso was die regisseur van hierdie romantiese tydperkdrama, wat in die ou Amerikaanse Weste afspeel, en hy het die draaiboek saam met Rivers geskryf.

REDEEMING LOVE wys wat God se volmaakte wil vir ons lewens is – onbelemmerd deur wat die samelewing aan ons wil voorskryf.

Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=_8RIlIOd_us

SOCIAL MEDIA LINKS

REDEEMING LOVE
Facebook: https://www.facebook.com/redeeminglovefilm/
Instagram: @redeeminglovemovie

FILMFINITY
Facebook
: @TeamFinityZA
Instagram:  @teamfinityza