Betekenisvol. Veelsydig. Talentvol. Dis Jaid River!

Jaid River, oftewel Jeanlie Minnie, is ‘n talentvolle kunstenaar met ‘n behoefte om iets betekenisvol na te laat en dit dien ook as inspirasie agter haar debuut-enkelsnit, DUISEND JAAR VAN NOU wat op 30 September vrystel.

Ons het met hierdie veelsydige kunstenaar gesels om haar beter te leer ken.

1. Wat / wie inspireer jou om musiek te maak? 

Mense, stories, plekke, dit wat ons nie hardop kan of wil sê nie… enigeiets and alles! 

2. Wat geniet jy die meeste / minste daarvan om ‘n kunstenaar te wees? 

Wat ek die meeste geniet is feit dat mens konstant iets nuuts skep en dat my dag/week nooit dieselfde lyk nie. Ek kan eerlik waar nie op die stadium dink aan iets daarvan wat ek regtig nie van hou nie. ‘Do what you love and never work a day in your life’ ☺️

3. Beste advies wat jy al ooit ontvang het?

Wees net. 

4. Watter plaaslike kunstenaar/s sal jy graag mee wil saamwerk? 

Joshua Na Die Reën, Thys Nortje, Deon Meiring, Jaco Smit, Leon Gropp, Liani Reynolds, en Jaco Van Der Merwe (Bittereinder) en eks baie dankbaar om te kan sê ek is reeds besig om saam met n paar van hulle te werk😅

5. Wat is jou toekoms planne vir Jaid River? 

Ek sal vir solank ek kan wil aanhou om my eie musiek met mense te deel. Ek sal graag binnekort meer met n orkes wil begin optree, en ek sal ook baie graag saam met ander kunstenaars wil skryf en werk aan hulle projekte. Om dalk erens betrokke te wees by films se tema liedjies skryf sal ook absoluut fantasties wees!

6. Beskryf jou musiek in een woord 

Diverse

Publisiteit deur Starburst Promotions

Fotos is geneem deur GP van der Merwe