LEME – VAN BEKENDE SANGERES TOT MEVROU SUID AFRIKA SEMI FINALIS

Ons almal herken die naam Lemè van der Walt wat reeds in haar sangloopbaan spog met treffers soos “GI Jane”, “Woordeloos” en vele meer bekende liedjies, en nou betree sy die groter verhoog arena op ‘n bykommende manier as ‘n Semi Finalis in die gesogde Mev Suid Afrika Kompetisie vir 2023.

Leme is gebore in Pretoria en soos ons almal weet was sy ‘n paar jaar terug vasgevang tenmidde van ‘n huisbraak episode waar sy moes vlug vir haar lewe.

Die gebeurtenis het Leme se lewe en uitkyk drasties kom verander en haar laat groei om die sterk vrou te wees wat sy vandag is, weghardloop of in ‘n hoekie gaan sit en in depressie verval was nie vir haar bedoel nie, maar oorheersend die gedagte van OPSTAAN en TERUG veg.

Lemè is uiters opgewonde om haar terugkeer na 7 jaar van Vrou en Moeder wees aantekondig met die groot nuus dat sy nou deel vorm van die jaar se Mev Suid Afrika Kompetisie wat ook Internationaal verteenwoordig word.

Sy noem dat sy ‘n ongelooflike passie het vir die lewe en dat sy nie kan wag om haar storie met die wêreld te deel en mense te inspireer met haar vehaal van ongelooflike groei nie.

Die groei wat Leme deur haar verlede ervaar het is noemenswaardig om die minste te sê en is sy nou gereed om die lewenslesse en gebeurtenisse uit haar lewensverhaal na buite te neem om so daadwerklik ‘n verskil te maak in mense se lewens, alleen kan sy dit alles nie verrig sonder die wonderlike ondersteuning van ons vriende in die MEDIA nie.

Lemê is erg opgewonde om die ervaring as Mev SA 2023 Semi-Finalis te deel met julle luisteraars en lesers en haar storie te vertel saam julle sodat die land en sy mense kan beleef dat dit maak nie saak wat met jou as persoon gebeur nie jy wel weer kan opstaan en die lig kan sien en sodoende weer n lig kan word vir iemand anders wat dit benodig.

Lemê se liefde om vrouens en dogters in ons land te help om weer in hulle self te glo en weer waardevol te voel is ‘n passie wat ons almal kan help om te bevorder.

Ons span vra dan hiermee die geleentheid om ‘n onderhoud met jou en jou span op te stel so gou moontlik, laat weet asseblief wanneer julle kan help met ‘n datum en tyd.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/leme.sanger

Instagram: lemevanderwalt

YouTube: LEME

PUBLISITEIT EN BEMARKING:ARTIST VILLAGE

FERDI J STEYN

Sel: 079 1455 701

E-pos: ferdi@artistvillage.co.za