Neil Nachtrein se amptelike musiekvideo is hier!
VOER MY VIR DIE BERGE – ‘n METAFOOR MET FUT
Dit is geen wonder dat Neil Nachtrein in sy nuwe lied, VOER MY VIR DIE BERGE, oor die verlange na die natuur sing nie.
Op ’n aand in ’n hotelkamer in die stad sit Neil Nachtrein en kyk by die venster uit. Hier besef hy dat hy weke laas die sterre gesien het. Hy sê vir homself: “In die stad word dit nooit donker nie, dit word nooit stil nie,” en die eensaamheid oorweldig hom.
’n Diep verlange na die berge en die natuur begin in hom woed en ’n tweestryd in hom skop af.
In sy nuwe lied, VOER MY VIR DIE BERGE, ondersoek Neil Nachtrein die hunkering na ’n eenvoudiger lewe in die natuur en hoe dit direk in stryd is met die moderne lewe in die stad. Die lied is ’n metafoor vir sy begeerte om naby die Skepper te leef.
VOER MY NA DIE BERGE is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Luister dit hier: https://linktr.ee/neilnachtrein
Neil het onlangs by VONK aangesluit en is tans hard aan die werk om sy eerste EP (Langspeel Plaat) gereed te kry vir bekendstelling later vanjaar.
PUBLICITY & MARKETING:
STARBURST PROMOTIONS
Danelle Liebenberg
Cell: 0715347796
Email: danelle@starburstmusic.co.za
Website: www.starburstmusic.co.za