ZOĖ IS ‘’HIER’’ MET NUWE ENKELSNIT

Zoé het pas haar derde enkelsnit, getiteld ‘’Hier’’ bekend gestel. Die liedjieskrywer en sanger van Limpopo het vroeër die jaar die Afrikaanse musiek bedryf betree met haar poprock treffers, ‘’Crazy Meisie’’ en ‘’Lief Hê.’’

‘’Hier’’ wys die veelsydigheid van die kunstenaar met ‘n elektroniese klank en meer ernstige temas wat aangehaal word. Zoé vertel dat ‘’Hier’’ geïnspireer is deur iemand wat deur ‘n baie moeilike tyd gegaan het.

‘’Dit is gewoonlik gedurende die moeilike tye waar jy uitvind wie werklik daar is vir jou. Hier is ‘n baie emmotionele liedjie en ek hoop dat dit mense sal aanraak,’’ het Zoé vertel. Vir Zoé het skryf ‘n tipe van terapie geword. ‘’Skryf is ‘n medium wat ek kan gebruik om my kant van storie te deel. Ek kan al my gevoelens op papier sit en so deur al my emosies werk. In hierdie geval was dit ‘n swaar en verligtende gevoel,’’ deel sy.

‘’Hier’’ is vevaardig deur Tertius Human van CoolerBox Studios. Human het vertel dat die klank geïnspireer was deur water en die gevoel wou skep dat die liedjie onder water opgeneem is.

Zoé het ook ‘n musiekvideo vir ‘’Hier’’ bekend gestel. Die musiekvideo is opgeneem by 012 Central in Pretoria met regie deur George van Rooyen en Kinematografie deur Michael van Zyl.

‘’Water was reeds ‘n tema in die produksie van die liedjie so ons wou water as ‘n tema in die musiekvideo gebruik. Water kan isolerend en koud of reflekterend en reinigend wees. Dit het vir ons die geleentheid gegee om beelde te skep wat die onderliggende temas van ‘’Hier’’ op ‘n baie subtiele en estetiese manier te ondersteun,’’ vertel van Rooyen.

Zoé vertel dat ‘’Hier’’ ‘n baie belangrike boodskap deel. ‘’Ek wil hê dat mense moet weet dat hulle nie alleen is nie. As jy deur ‘n moeilike tyd gaan, gaan praat met iemand asseblief. Ek het geleer dat ‘n mens nooit so alleen is soos wat jy voel nie en dat jy soveel sterker is as wat jy dink. Die wiel sal draai en die slegte ervarings sal soos water van ‘n eend se rug afrol.’’ Het sy afgesluit.

Luister die lied hier: https://linktr.ee/zoemusiek

Kyk die video hier: https://youtu.be/_-27nZhLkCs

SOSIALE MEDIA

Facebook: https://www.facebook.com/zoe.jacobs.71

Instagram: https://www.instagram.com/zoemusiek/

RECORD LABEL:

CoolerBox Records / Vonk Musiek

Tel: 011 823 1771 / 011 823 1772

Email: sing@vonk.co.za

Website: www.vonkmusiek.co.za

PUBLICITY & MARKETING:

STARBURST PROMOTIONS

Danelle Liebenberg

Cell: 0715347796

Email: danelle@starburstmusic.co.za

Website: www.starburstmusic.co.za