RAAF – Oos Wes Tuis Bes
RAAF STEL BEKEND OOS WES TUIS BES – ‘N ODE AAN HULLE LEWE OP DIE PAD
Oor dié nuwe enkelsnit voer RAAF aan: “’Oos Wes Tuis Bes, Waarokal jy is, is huis vir my.’ Na jare in die musiekbedryf, wou ons iets skryf vir ons aanhangers, hulle word ons veilige vesting, ons huis. Ons weet ons is niks sonder die mense wie ons ondersteun nie.” Met Oos Wes Tuis Bes bring RAAF juis hulde aan die aanhangers wie vir hulle, te midde lang toere en baie ure op die pad, hul ware tuiste word.
“’Nog ‘n hotel, nog n harde matras, dis nog drie weke voordat ek my klere kan was.’ As Kaap-gebaseerde musikante bring ons duisende kilometers op die pad deur. Soms speel jy tot laat ‘n show in Stellenbosch en more vertrek jy vroegoggend op ‘n drie weke lange toer deur die land. Jy weet waar al die spoedkameras sit en waar die gewilde koffiestoppe is. Jy word een met jou toerbus (ons noem ons bus die RAAFtuig). Daar is geweldig baie opoffering wat daarmee gepaard gaan om ‘n toerende musikant te wees. Jy moet elke keer jou persoonlike lewe op halt roep om die pad te kan vat. Ons is meer as helfte van die jaar nie by die huis nie, maar vir ons is die grootste opoffering eintlik net die feit dat ons nie ‘n hond kan hê nie. Dit is alles die moeite werd vir die kuns en die mense vir wie jy dit maak.”
RAAF erken dat hulle nostalgies is. Daar is vir hulle iets spesiaals aan elke provinsie. Daar is ‘n rede hoekom almal sê die Oos-Kapenaars is vriendelik en dat Gautengers ekstra gasvry is. Hulle meen dat as toerende musikante mens al ons land se mooi in oorgawe ervaar. Hulle kon terug dink aan alles wat hulle die afgelope paar jaar kon doen en sien, elke plek in ons land met ‘n unieke kultuur of kenmerk. Aan Stellenbosch, vashaak oor ‘n glas wyn soos in die ou dae, deur die Karoo waar van die mees hartlike en gasvrye mense woon, tot in die Kruger Wildtuin, ‘n plek waar hulle meen elke Suid-Afrikaner ten minste een keer in hulle lewe moet gaan stilte soek.
RAAF speel byna 150 konserte jaarliks, die groter meerderheid van hierdie konserte word per voertuig bereik, met byna ± 80,000 km per jaar op die pad tussen toere. Hulle is bekend as een van die Suid-Afrikaanse groepe met die besigste toer skedules. Die lewe as musikant op die pad is ‘n misterie vir meeste mense wie nie al saam in ‘n toer bus was nie. Dis een van die vrae wat Esté en Lourens die meeste kry: “Hoe hou julle dit om só te toer soos wat julle toer? Raak julle nie moeg nie?” Vir hulle is dit juis die lewe op die pad wat hulle loopbaan die moeite werd maak en dit is presies hierdie sentiment wat Oos Wes Tuis Bes poog om vas te vang.
“Dis ‘n ode aan ons land en ‘n bedanking aan die mense wat kom deel in die musiek, hulle stories aan ons vertel en hulle areas waarin hulle leef met ons deel. Ons het al ongelooflike ervaringe gehad, van renoster “dehornings” in Natal, kuns ateljees op die platteland, besoeke aan avo pakhuise in Tzaneen, wildsritte en lugballonreise. Daarmee saam spog ons met ‘n treffer lys van die beste koffiestoppe op elke hoofpad,” voer Esté aan.
“Sommige aande kom ons eers goed na middernag in die bed en moet ons voor sonsopkoms weer beweeg na die volgende dorp, maar die lewe op die pad en elke nuwe gehoor maak alles die moeite werd. Soms strek hierdie ‘roetine’ oor ses dae en in Desembers raak ons soveel as 20 konserte in die maand baas, maar dit gee ons so ongelooflik baie energie en dit voer ons kreatiwiteit om meer te kan skep,” sê Lourens. “Ons glo as iets soos ‘moeite’ voel, dat dit ‘n slegte teken is. Daarteen oor, as iets bloot harde werk is en jou liggaam raak moeg, maar jou hart is vol, is jy op die regte pad wat loopbaan of passie aanbetref,” voeg Esté by.
RAAF het al meermale in elke provinsie in ons land opgetree en die kulture, diversiteit en natuurskoon is oorweldigend. Suid Afrika, mét al sy kulture en probleme bly egter ‘n drukkoker. Maar as jy so gelukkig is om een aand wyn op die oewer van die Blyderivier te drink en dan ‘n volgende dag die voorreg het om “In Jozi…elke keer Suid Afrika [te] Verstaan, waar daar ‘n plekkie is vir elkeen in sy eie wentelbaan”, kry die wêreld en sy probleme weer perspektief. Dit is juis die voorreg van hierdie perspektief wat RAAF poog om vir hulle gehore te bring.
Oos Wes Tuis Bes vorm deel van RAAF se splinternuwe album PREDIKER en is vanaf 21 Julie op alle digitale platvorms beskikbaar.
Luister die lied hier: https://vyd.co/Ooswestuisbes
Kyk gerus die video hier: https://youtu.be/bszUvXubu_w
PREDIKER toer datums
28 Julie – Bloemfontein, Warm Karoo
4 Augustus – Tzaneen, Old Packhouse
5 Augustus – Pretoria, Atterbury Teater
8 Augustus – Paarl, Diamant Estate
18 Augustus – Stellenbosch, Muratie
26 Augustus – Paarl, L’Atrium
1 September – Malmesbury, Kalmoesfontein
27 & 28 September – Durbanville, Die Boer
Sosiale media skakels:
Facebook: RAAF / Bottomless Coffee Band
Instagram: @raaf_bottomlesscoffeeband
YouTube: www.youtube.com/@RAAF
Webtuiste: raafhome.co.za
TikTok: raaf_musiek
Digitale verspreider:
Vonk Musiek
Tel: 011 823 1771 / 011 823 1772
Epos: sing@vonk.co.za
Webblad: www.vonkmusiek.co.za
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOTIONS
Danelle Liebenberg
Sel: 0715347796
Epos: danelle@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za