HOE VANG JY JOU LEWENSREIS VAS, VIR JOU KINDERS?

ane

MEMOIRES VAN JOU MOEDER: ’N GESKENK WAT HERINNERINGE LEWENDIG HOU

Die lewe is kort, en tyd glip dikwels verby voordat ons besef hoeveel ons het om nog te deel of wat ons sou wou onthou van ons geliefdes.

Met hierdie in gedagte, het die inspirerende boekesamesteller, Anné Pretorius, besluit om ‘n spesiale projek aan te pak deur ’n joernaal te skep wat moeders kan gebruik om hul lewensreis vir hulle kinders op papier vas te vang – ’n kosbare geskenk wat nie net die rouproses ’n bietjie makliker maak nie, maar ook verseker dat hul herinnering, wysheid en liefde voortleef lank nadat hulle weg is.

MEMOIRES VAN JOU MOEDER (ook beskikbaar in Engels as Memoirs from your Mother) is ’n kunstig ontwerpte boek wat dien as ’n gids vir moeders om hul lewensverhale te dokumenteer, en só ’n kosbare herinnering vir hul geliefdes te skep.

Gebore uit haar eie emosionele ervaring met haar oorlede ma se handgeskrewe memoires, bied hierdie publikasie aan gesinne die geleentheid om hul erfenis en herinneringe oor geslagte heen te bewaar.

Sy deel: “My eie ma het haar memoires vir my geskryf, so ek weet hoe kosbaar dit is, veral na haar afsterwe. Sy het herinneringe van haar lewe en ons verhouding gedeel waarvan ek nie sou geweet het, as sy nie dapper genoeg was om dit neer te skryf nie.”

Hierdie ervaring het haar diep beïnvloed en geïnspireer om ’n boek te skep wat dit vir ander moeders makliker maak om húl stories vir hul kinders te bewaar, en terselfdertyd die kans bied om ’n erfstuk vol liefde en lewenslesse agter te laat.

Dié projek kan moeders, vaders en oorlogsveterane inspireer om hul erfenis te dokumenteer. Met hierdie boeke wil ek dit vir ander makliker maak om te onthou en te skryf. Ek glo dit sal net so waardevol vir hulle wees as wat dit vir my was.”

MEMOIRES VAN JOU MOEDER is gestruktureer as ’n interaktiewe joernaal, met agt sorgvuldig saamgestelde hoofstukke, wat elkeen begin met ’n gedig wat jou op reis neem deur jou eie lewe asook inspirasieprikkels, en versier is met pragtige kunswerk deur die bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar Marié Vermeulen-Breedt.

Hierdie gids lei moeders deur ’n reflektiewe reis, met skryfaanwysings wat ontwerp is om hulle te inspireer om hul persoonlike reise, herinneringe en lewenservarings neer te skryf. ’n Spesiale koevert binne-in maak dit moontlik om betekenisvolle memorabilia te bewaar, soos foto’s, briewe, stemboodskappe en ’n wêreldkaart om belangrike reise te merk.

Net soos wat skryf vir my ’n terapeutiese uitlaatklep is, glo ek dit kan vir ander ook wees. Soms het mens net ’n bietjie inspirasie nodig om jou verhaal te begin vertel,” sê sy. Hierdie boek is nie net ’n skryfoefening nie, maar ’n diep persoonlike en terapeutiese hulpmiddel vir selfontdekking en verbinding, wat dit ’n onmisbare bron maak vir enigiemand wat hul lewensverhaal wil vasvang.

MEMOIRES VAN JOU MOEDER is die perfekte geskenk vir verskeie geleenthede, insluitend babatees, verjaarsdae, Moedersdag en Vrouedag. Die duursame en pragtige ontwerp verseker dat dit ’n kosbare herinnering sal wees wat deur geslagte bewaar en oorgedra sal word.

Dankie dankie, dit is ‘n wonderlike geskenk vir vriendinne.” Liana Lewis, eMalahleni.

Ek wil net baie dankie sê, het die joernaal ontvang. Dit is ‘n geskenk vir my mamma van 86 jaar. Na ‘n baie moeilike jaar vir ons as familie ons pa verloor – en my ma, haar sielsmaat. Hierdie boek gaan haar dae ligter maak en haar iets gee om na uit te sien en haar terugneem oor haar lewenspad tot hier. Wat ‘n puik gedagte!” Marisáne, Pretoria.

Anné, almal wat hiedie memoire boek van jou sien sê net watter mooi boek dit is en hoe dit so ‘n briljante idee is!” Lizma Schoeman, Somerset Oos.

Anné is ook besig om haar missie uit te brei deur memoire-skryf werksessies aan te bied, wat daarop gemik is om ander te inspireer om hul eie storievertel-ontdekkingsreise aan te pak. “Ek vind groot vreugde in die proses om ouers aan te moedig om hul lewens te dokumenteer. Dit het betekenis in my lewe gebring,” deel sy.

Sy het in Marble Hall grootgeword en het haar BCom-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Anné en haar man, Stéfan, het vroeër met sitrus op Toitskraal geboer, waar sy die uitvoerbedrywighede van hul 250-hektaar plaas bestuur het.

Tans woon sy in Kameelfontein, Pretoria en wy sy haar tyd aan liefdadigheidswerk en haar passie vir skryf. As ma van twee tienermeisies, Enya (16) en Lua (15), put sy deurlopend inspirasie uit haar gesin.

Buiten haar passie vir boeke en geskiedenis, is hierdie dinamiese dame baie betrokke by gemeenskapsprojekte. Sy ondersteun aktief verskeie liefdadigheidsorganisasies, insluitend inisiatiewe wat fokus op geletterdheid, onderwys en geestesgesondheid. Sy sal ook graag in die toekoms werksessies wil aanbied wat gemik is op die bemagtiging van jong skrywers en die bevordering van ’n liefde vir die letterkunde.

Haar volgende boek, Memoires van ’n Soldaat, sal vanaf Mei 2025 beskikbaar wees, waaroor sy ook baie opgewonde is.

Sy glo dat om stories te vertel ’n groot impak kan hê op mense se lewens en daarom is sy vasberade om ander mense te help om hul verhale te deel.

Die kunswerk op die boekomslag van MEMOIRES VAN JOU MOEDER is van Anje, Marié Vermeulen-Breedt se kleindogter. Anje se ma, Adelai Alberts, is die stigter van Ad&Co, die organisasie streef daarna om werksgeleenthede vir mense met gestremdhede, soos Anje, te bied. Die sakke waarin die boeke verkoop word, met dieselfde kunswerk op gedruk, versterk die spesiale betekenis agter hierdie samewerking.

Om jou lewensverhaal te skryf mag dalk uitdagend en intimiderend wees, maar dit het enorme waarde. Elke verhaal is uniek, en hierdie boek is geskep om jou te help om joune vas te vang, vir jou kind,” sluit Anné af en beklemtoon weereens die belangrikheid daarvan om jou persoonlike geskiedenis te bewaar.

Hierdie selfskryf-nalatenskapsjoernaal word uitgegee en versprei deur Naledi.

Dit is aanlyn en by toonaangewende boekwinkels landswyd beskikbaar, wat verseker dat ’n wye gehoor toegang tot hierdie betekenisvolle boodskap kan kry.

Bestel joune hier:

https://www.memoirebooks.co.za/af/shop-af.html
https://naledi.co.za/?s=memoires

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/profile.php?id=61556815559420

Instagram: https://www.instagram.com/memoire_books?igsh=dXh6NjB2emZodHdw

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Gizela Sharim

Sel: 083 399 6869

E-pos: gizela@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za