Ruan Josh is terug met ‘n splinternuwe enkelsnit!

Na Ruan Josh se reuse sukses met “Provider” in 2020, met meer as 800 000 strome, het hy daarmee bemoediging op presies die regte tyd vir mense gebring.

Die treffer is opgevolg met “Go Rest High on that mountain” en weereens het hy die land vertroos met sy talent omdat hy self iemand naby aan hom verloor het tydens die grendeltydperk.

Alhoewel die hele wêreld in ‘n tyd van verlies gewoond moes raak aan die nuwe normaal as gevolg van Covid19, bewys Ruan die teendeel met sy nuwe enkelsnit “Verlore”. Dit is sy eerste kommersiële liedjie in drie jaar wat hy vrystel en kom uit sy eie pen in samewerking met sus Franja. In die tyd wat die musiekbedryf ongelooflik swaar trek, kry Ruan dit reg om aan te hou vorentoe beur met nuwe musiek en ‘n vars aanslag en kan hy nie wag om dit vir mense op te voer nie.

“Verlore” is ‘n liefdesliedjie maar ook ‘n sleutel tot die besef dat daar steeds ‘bodemlose liefde’ en hoop is vir ons toekoms as ons liewer verlore sal raak in positiwiteit, in dankbaarheid, in opregtheid en in omgee vir ons naaste – ons gaan verliese in getuienisse kan toevou en vermoeidheid kan omdraai in herlewing.

Al voel dit soms of jy net al dieper wegsink in jou vrese en probleme (soos die aktrise in die musiek video), is daar altyd hoop en uitkoms – hoe langer ons vashou – hoe stywer het Hy ons! Wees jy vandag die hand wat uitreik na iemand wat iets verloor het en kry self daardeur genesing.

Luister na die liedjie hier – https://RuanJosh.lnk.to/Verlore

Kyk na musiekvideo hier – https://youtu.be/wGqrJeRONgw

Vir meer inligting oor Ruan Josh kontak:

Leozelle Bekker – leozelle.bekker@umusic.com / 074 643 5438