Christiaan Baartman se nuwe enkelsnit oortref alle verwagtinge!

Die talentvolle sanger en liedjieskrywer, Christiaan Baartman, het in Mei 2020 sy enkelsnit, My Vrou, vrygestel en alhoewel dit steeds op verskeie trefferparades landswyd pronk is die tyd gereed vir hom om sy nuwe enkelsnit, Die Beste Deel, uit te reik.  Hierdie snit oortref verseker alle verwagtinge en gaan verseker weer ‘n hele klomp trefferparades haal! 

Die Beste Deel is ‘n lied wat handel oor jou beter helfte. Daai oomlik wat jy alleen by die huis sit en jy besef jy mis jou ander helfte so baie, dat jou dag leeg voel. Dis wanneer jy besef daardie persoon is die beste deel van jou,” vertel Christiaan. 

Die liedjie is vervaardig deur Jattie de Beer van Artistry Productions en die klankversorging is deur Sean Manley van Manley Recording Studios behartig wat ‘n diep sin vir klank en musiek het. Christiaan en Jattie het die lied saam geskryf. “Die lied is gebore uit ‘n lekker bottle rooiwyn en ‘n nostalgie van liefde,” sê Christiaan. Christiaan en Jattie vind mekaar in die musiekale wêreld as sielsgenote. Elke keer wat hulle saam werk is daar “magic” en hierdie keer is daar geen uitsondering nie. 

Christiaan is al byna vir twee dekades in die musiekbedryf doenig en het ook reeds ‘n hele paar toekennings ingepalm. Hy reis gereeld om op hoogte te bly van die nuutste musiektendense en een van sy gunsteling bestemmings is Nashville. “Ek is mal oor Nashville. Vanjaar se kuier is ongelukkig kortgeknip, maar ek glo en hoop dat ek nog ’n geleentheid sal kry om te gaan.”

Dié talentvolle musikant glo daaraan om musiek met betekenis te maak en hierdie snit is Die Beste Deel.

DIE BESTE DEEL  is nou op alle digitale platforms hier beskikbaar:
https://distrokid.com/hyperfollow/christiaanbaartman/die-beste-deel

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook:https://www.facebook.com/christiaankrit/  
Instagram:@christiaanbaartman
YouTube:https://www.youtube.com/user/ChristiaanRock/featured?view_as=subscriber  

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos:alishia@starburstmusic.co.za
Webblad:www.starburstmusic.co.za