Juanita Du Plessis & Snotkop – Ruk Die Dam

Twee van Suid Afrika se geliefkoosde kunstenaars span kragte saam

Juanita du Plessis en Snotkop het geen bekendstelling nodig nie, en het besluit “Dis Tyd” vir hulle om n projek saam aan te pak.

Ruk Die Dam is van Juanita se nuutste album “Dis Tyd” wat begin 2020 uitgereik is.

Juanita en Snotkop het by Krone 6 oor ‘n moontlike colab gesels en Snotkop het dadelik ja gesê oor hy gedink het die kombinasie van hulle twee saam sou perfek werk, en wel, dit het! Ruk Die Dam is volgens hulle ‘n lekker catchy liedjie en die video is fresh en pret. ‘n Lekker somer treffer.

Juanita en Franja het die melodie en die koor van Ruk Die Dam geskryf, maar Juanita het gevoel dat Snotkop ook sy eie stempel op die liedjie moet afdruk, daarom het sy hom gevra om te help skryf aan die verse.

“Ek het die voorreg gehad om al baie die verhoog te kon deel met Snotkop en ons ken mekaar al vir baie jare. Sy musiek het nog altyd my voete laat juk en daarom wou ek baie graag iets saam met hom opneem. Ek is baie dankbaar vir sy bydrae en baie opgewonde om hierdie video met almal te deel. 2020 het die mat onder ons almal uitgeruk, maar ons gaan met hierdie liedjie die res van die jaar ruk” – vertel Juanita

Snotkop is bekend vir sy besonderse kletsrymvaardighede, energiebelaaide ritmes en tong-in-die-kies, skerpsinnige lirieke en het die volgende te sê.

“Juanita is probably die niceste mens wat jy sal raakloop. Ons het vir een of ander rede ‘n lekker energie saam en Juanita weet wat sy wil hê en ken haar mark en aanhangers goed, selfde by my, so ek dink ons het iets besonders gemaak wat die twee wêrelde bymekaar bring en ek is n massive Juanita fan, ek love haar. Die dam gaan behoorlik geruk word die somer”

Ruk Die Dam NOU beskikbaar op alle digital platforms – DRUK HIER

Ruk Die Dam Video