Little by Little – Franja du Plessis verstom almal met haar heel eerste Engelse enkelsnit uit haar eie pen uit!

Alhoewel Franja ‘n bekende naam in die meeste Afrikaanssprekendes se huise is, veral met haar onvergeetlike treffer-liedjies van haar eerste twee albums, “My Verhaal” en “Hittegolf”, is hierdie twee keer Ghoema-toekenning wenner, sanger, liedjieskrywer, musikant en vervaardiger ‘n kunstenaar om dop te hou!

As daar in ag geneem word dat hierdie dinamiese jong dame self baie betrokke was by die produksie van die enkelsnit, asook die feit dat dit haar heel eerste probeerslag in Engels is gaan hierdie vrystelling alle verwagtinge oorskry. Franja het haar eie musikale grense verbreed en almal gaan weer van vooraf verlief raak op haar talent!

Baie aanhangers het geskryf dat Franja heeltemal anders klink as sy in Engels sing, wat hierdie 26-jarige sangeres die geleentheid en toegang gee om in ‘n hele nuwe area van haar loopbaan in te beweeg en sodoende die briljante kunstenaar wat sy bedoel is om te wees, te kan uitleef!

Met ‘n kykie in die storielyn van die liedjie “Little by Little”, ontmoet ons ‘n paartjie wat van kleins af beste vriende is – in die geheim is die een verlief op die ander, maar nie bereid om die kans te waag om die vriendskap in gevaar te stel nie… miskien as hulle die groot sprong neem en ‘n kans waag op die liefde, kan hulle dalk net verbaas staan dat hulle eintlik bedoel is vir mekaar…

Die fyn draadjie wat Franja aan haar aanhangers verbind, is beslis haar opregte en pretensielose vermoë om musiek te verstaan, waardeer en weer te gee, nie alleenlik as musikant en sanger nie, maar ook om die gehoor van ‘n regte ‘vassitwysie’ te verseker!

“Kan nie wag dat die publiek die liedjie moet luister nie – ek is baie opgewonde om te hoor wat hulle dink!” – Franja

Luister na die liedjie HIER

Volg Franja Du Plessis op die volgende Sosiale Media skakels

Facebook
Instagram
Twitter

VIR PR, MEDIA & BEMARKING:

E-Pos: leozelle.bekker@umusic.com
Sel: 074 643 5438

VIR BESPREKINGS:
E-pos: bookings@j-records.co.za
Sel: 082 550 7709