Willem Botha se nuwe musiekvideo, Kimberley, is hier!

MUSIEKVIDEO:

In sy nuwe enkelsnit, Kimberley, spreek Willem Botha ligtelik die dilemma aan waarby soveel luisteraars sal aanklank vind – die perfekte persoon maar ’n verhouding wat nét nie wil werk nie. Die musiekvideo, wat op Donderdag, 22 Oktober vrygestel word, wys die hartroerende storie wat tussen die hoofkarakters afspeel en sal kykers vasgenael hou en ook die kans gee om ’n diamanthangertjie te wen. Om die liefde te vier en ook gepas aan die ode wat mens dadelik ook herinner aan die dorp waar soveel mooi diamante al gedelf is, gee Willem Botha, saam met Carlo Hayes, van S.H Diamonds, ’n diamanthangertjie, ter waarde van ‘n allemintige R8 500, aan ’n gelukkige wenner weg.

“As jy so diep verlief is soos wat Kimberley se Gat diep is, gaan jy beslis aan dié kompetisie moet deelneem om die kans te staan om ’n diamanthangertjie te wen,” het Willem vertel. “Ons almal weet dat dit soms nie saak maak hoeveel keer ’n mens dinge in ’n verhouding probeer uitpraat of uit redeneer nie, die verhouding wil net nie 100% werk nie,” het Willem verduidelik. Kimberley is egter nie ’n neerdrukkende liedjie nie, inteendeel – dis ’n opgewekte saamsing liedjie waarvan die deuntjie sommer dadelik die energie deur luisteraars se are sal laat bruis. “Toe ek die liedjie hoor het ek geweet dat ek dié kompetisie saam met Willem wil aanbied sodat ons sommer net weer ’n seël kan plaas op die mees kosbaarste ding – die liefde,” het Carlo Hayes, eienaar van C.H Diamonds vertel. Willem het Kimberley self geskryf nadat die idee ’n hele rukkie al by hom gebroei het.

“Die naam Kimberley is regtig vir my so mooi en boonop het die dorp met dieselfde naam vir my soveel goeie herinneringe,” het Willem vertel. Willem se familie kom oorspronklik vanaf Kimberley en die jaarlikse Gariepfees wat altyd daar plaasgevind het, was volgens Willem een van die hoogtepunte op sy kalender. “Kimberley het so lank in my kop rondgemaal – die naam, die wysie en die lirieke. Dis nou so lekker as ek dit by konserte sing en konsertgangers ken al die woorde om dit saam te sing en begin dans – dis presies wat ek met die liedjie wou bereik,” het hy vertel. Die musiekvideo is tydens Vlak 4 van inperking in Germiston verfilm en een van die land se oudste vliegtuie kan in dié video gesien word. “Ek dink die musiekvideo is seker op een van die koudste dae die afgelope jaar verfilm en ek moes heeldag in ’n t-hemp wees, dit was snerpend koud,” het Willem laggend vertel. Kimberley is op Willem se nuwe album, ’n Liefde Soos Die, en is die derde vrystelling vanaf dié album.

“Ek probeer met elke album om self meer te komponeer en geniet dit ongelooflik baie. Ek hou ook daarvan om pop- en country-elemente saam te bring en dis wat ek met Kimberley beoog het,” vertel Willem. Volgens hom is sy album, ’n Liefde Soos Die, beslis een van sy hoogtepunte sover – veral omdat hy self meeste van die musiek geskryf het en ook saam met ander skrywers koppe bymekaar kon sit.

WEN ‘n DIAMANTHANGERTJIE:

Om in aanmerking te kom vir die diamanthangertjie moet die volgende stappe gevolg word:

• SHARE die musiekvideo post vanaf Willem Botha se Facebook-blad

• TAG vyf vriende in die post se comments

• Gaan LIKE @chdiamonds en @willembothafanblad op Facebook

Die kompetisie hardloop vanaf 22 Oktober om 19:00 en sluit 20 November om 14:00. Die wenner sal op 20 November aangekondig word.

Luister Kimberley op alle digitale platforms hier: https://WillemBotha.lnk.to/Kimberley

Willem se album, ’n Liefde Soos Die, is by alle voorste musiekhandelaars beskikbaar.

Om dit digitaal aan te skaf, gebruik dié skakel: https://umgafrica.lnk.to/liefdesoosdie

VIR MEDIA NAVRAE KONTAK:

LEOZELLE BEKKER – 074 643 5438 –  Leozelle.Bekker@umusic.com

VIR EKSKLUSIEWE BESPREKINGS KONTAK:

MARIETTE WAHL / CORNE OOSTHUIZEN – 012 751 3601 – 064 518 5774 – info@coproductions.co.za