Emma Ellis, Kombuis musiekvideo is hier!
Kombuis Musiek Video
Emma Ellis se Kombuis storie van laasweek is nou vasgevang in ‘n musiekvideo!
Die musiekvideo vir die liedjie wat 6 November vrygestel is, is verfilm in die Port Elizabeth Operahuis – wat ook die ligging is waar Emma Ellis vir die eerste keer as kind opgetree het.
“Ek hoop die publiek kan aanklank vind by die hartseer wat ons gevoel het toe ons dit geskryf en gesing het. Die einde van ‘n verhouding is iets waardeur meeste mense al self gegaan het en ek hoop dat Kombuis vir iemand anders ook kan afsluiting bring,” sê Emma.
Die liedjie is nostalgies en forseer die luisteraar om te dink aan ‘die een wat weg gekom het’. “Dit is waaraan ek wil hê mense moet dink wanneer hulle daarna luister.”
Richard Onraet van Van Coke Studios het die liedjie vervaardig. “Die manier hoe die seer in my stem vasgevang is in die liedjie is iets anders en daarvoor kan ek net vir Richard dankie sê,” voeg Emma by.