Stiaan Reynierse stel nuwe enkelsnit vry – Draadkar!

Mensgemaakte sisteme – die wortel van verrotting. Dit is wêreldwyd. Dis verwoestend.  Uiteindelik is daar iemand wat stem dik maak daaroor in Afrikaans.

Stiaan Reynierse, dúrf die waarheid in Afrikaans! In Rock!

In die meesterlike vertolking van Stiaan se nuwe enkelsnit “Draadkar” word hierdie verwoesting by die naam genoem. Die sagte waarheid agter die sterk beelde, verbreek die swye en  slaan metafories gesproke spykers in kiste waar die skoen pas.

Eeuelank,  bestaan die helle in die wêreld uit sisteme waar diktatorskappe, statusbeheptes, septerswaaiers, massamanipuleerders, sweepslaners en ykers vanuit ‘n afgerigte, lewelose plek met gemaklike religieë, vonnisse en oordeel uitdeel aan die naaste of gewilligste slagoffer.

Mensverstande het ophou bevraagteken en eerlike antwoorde is ‘n skaars kommoditeit – wáárheid ‘n relatiewe term wat gerieflik aangepas word om Godheid te ontken of om die verrotting te versag.

Wanneer die verwoesting van destruktiewe sisteme ʼn kers tot in die blaker laat brand of breek tot op die been, is dit straks onmoontlik om enige vorm van oorlewing uit die oorblyfsels van kerswas terug te pleit om die lont of vleis, siel of asem terug om die been.

Valsheid draai die rug na die Lig asof Godheid te ontken en bewerkstelling dan eiewaan uit die skaduwee voor sy voete.

Die beelde in Draadkar beklemtoon die resultaat van sisteme, korrupsie, ónvrede, grootheidswaan en ʼn spul ander – ‘n subtiele vingerwysing na die mensdom wat in naïwiteit, onkennis of a.g.v. ʼn gebrek aan insig, verval in die veilige ruimtes van blindelingse aanvaarding en neutraliteit, waar die mensdom eie illusies van lééf skep, terwyl almal, onwetend leef in die helle van sisteme.

 PR & besprekings agent : Sipres Music

 Emsie Lotterie   
:076 436 5860   
Epos: siprespro@gmail.com