Magriet Groenewald: Besighede moet gereed wees vir tsunami van aanlyn verbruikers
“Daar is ’n Tsunami van aanlyn verbruikers op pad en ons as besighede moet gereed wees vir hulle,” sê die gesogte plaaslike sosialemediakenner, MAGRIET GROENEWALD
“Besighede wat nog nie weet hoe om kliënte aanlyn te bereik nie, moet baie gou uitvind as hulle nie wil agterbly en uitmis op die wonderlike geleenthede wat op pad is nie,” sê SA se voorste sosialemediakenner, Magriet Groenewald.
“Ons generasie is die laaste generasie wat met een voet in die era voor rekenaars grootgeword het en die ander in die vinnig groeiende aanlyn omgewing. Ons kinders het met tegnologie grootgeword en dit is normaal dat hulle eerder aanlyn sal inkopies doen as in ’n fisiese winkel. Om aanlyn te koop word al hoe meer die normaal, en hierdie tendens gaan oor die volgende paar jaar ontplof. Die rede hiervoor is dat Generasie-Z en die generasies na hulle in die toekoms die koopkrag gaan he en die kopers van ons produkte en dienste gaan wees. Ons kan reeds ’n reuse toename in aanlyn verkope sien, so dit is reeds aan die gebeur. Baie van die groot kleinhandelaars regoor die wêreld het ook hierdie neiging geïdentifiseer en het reeds groot veranderinge in hul besighede en bemarkingstegnieke gemaak om hierdie nuwe geleentheid te benut. Ons moet gereed wees hiervoor, anders gaan ons die trein mis”, waarsku Groenewald.
Hierdie kreatiewe kenner is passievol daaroor om entrepreneurs, besigheidseienaars en sosialemedia-invloeders (influencers) te bemagtig om hulle aanlyn-voetspoor te vergroot en sodoende hulleself, en hulle produkte, beter te bemark.
Sy moedig besigheidseienaars en entrepreneurs aan om hulle aanlyn teenwoordigheid in plek te kry en die nodige veranderinge te maak, sodat hulle besighede kan voordeel trek uit die massas aanlyn kopers wat op pad is.
Besigheidseienaars en entrepreneurs moet seker maak dat:
- Hul sosialemediaprofiele reg opgestel is;
- Hulle duidelikheid het oor wie hul ideale kliënt is, waar hulle kuier en watter taal hulle praat;
- Hulle presies weet wat dit is wat hulle het om aan kliënte te bied;
- Hulle duidelikheid het oor die probleme wat hul produk of diens oplos;
- Hulle weet wat hul handelsmerk behels en waarvoor dit staan; en
- Hulle hul volgelinge waarde gee en bedien.
“As jy een van die bogenoemde punte mis of nie ten volle duidelikheid het daaroor nie, het jy ’n groot probleem en sal jy nie naastenby so goed vaar met sosiale media bemarking soos iemand wat al die boksies afgemerk het nie,” sê Magriet.
“Sosiale media se primêre funksie is om waarde aan kliënte te bied. Wanneer jy dit regkry, is jy sterk op pad om ’n platform te skep wat jou in staat sal stel om jou produkte en dienste effektief te bemark en verkope te verhoog.”
Gedurende sewe opwindende jare in die bedryf, het sy al saam met verskeie bekendes gewerk, waaronder Schalk Bezuidenhout, Minki van der Westhuizen, Hykie Berg, Karlien van Jaarsveld, Simoné Pretorius (Nortmann), Leandie du Randt, Anel Alexander, Erns Grundling, Neels van Jaarsveld, Nic Rabinowitz, dr. Kobus Neethling, Katinka die Kat, Tumi Morake, Nico Panagio, Wouter Snyman, Rob van Vuuren, Andriëtte Norman, Suna, Dozi, en nog vele meer.
Buiten vir ’n honneursgraad in bemarking, het sy ook verskeie internasionale sosialemedia bemarkingskursusse voltooi.
SOSIALEMEDIASKAKELS:
TikTok: @Magrietgroenewald
Facebook: https://www.facebook.com/magrietgroenewaldsocial
Instagram: @Magriet.co
Twitter: @Magriet.co
Webwerf: www.magriet.co
YouTube: Magriet Groenewald
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webwerf: www.starburstmusic.co.za