Girl-School bemagtig jou dogter met die nodige kennis en vaardighede
As ouers, wil ons almal graag hê dat ons dogters vurig, sterk en passievol moet wees, en dat hulle selfvertroue sterker moet wees as hulle vrese. Ons wil sterk vroue, wat dapper leef, grootmaak.
Om ons in staat te stel om ons dogters te bemagtig om vroue te word wat ander mense sal opbou en liefhê, moet ons hulle toerus met die kennis en vaardighede om hulle selfvertroue en selfbeeld te bou en gesonde gewoontes aan te leer.
Die nuwe GIRL-SCHOOL, met takke wat regoor Suid-Afrika opskiet, is op almal se lippe juis omdat hulle dit regkry!
GIRL-SCHOOL, wat in Gauteng ontstaan het, bied afrondings-, etiket- en emosionele ontwikkelingskursusse aan vir dogters tussen die ouderdom van 7 en 19 regoor die land.
Dié leerprogram het ’n sterk Christelike grondslag en word ontwikkel met Aletté Winckler aan stuur van sake.
Aletté, wat weet hoe om vroue van binne en buite te laat straal, het onlangs die leisels oorgeneem by stigterslid,
Anri van der Linde.
Met 25 GIRL-SCHOOL-takke regoor die land, word daar klem geplaas op verskeie onderwerpe wat relevant tot ’n spesifieke ouderdomsgroep is: Dogters (7-9 jr.), Tweens (10-13 jr.), Tieners (14-18 jr.) en Hello World (17-19 jr.).
“Of huisgesinne bestaan uit twee ouers wat voltyds werk, ’n enkellopende ma of pa, of ouers wat ekstra ondersteuning nodig het, het ons die perfekte GIRL-SCHOOL-kursus om jou te ondersteun.Ons wil saam met ouers werk om ’n pragtige, goedhartige en outentieke generasie groot te maak,” sêAletté.
GIRL-SCHOOL het goed opgeleide onderwysers, wat met die hand uitgesoek is. Hulle kan nie wag om jong meisies te help om hulle stem en balans in die lewe te vind nie. Die GIRL-SCHOOL-kurrikulum kombineer waardevolle lesse, waardes en vaardighede wat fokus op spesifieke ouderdomsgroepe om sukses te verseker.
“Ons dek ’n wye verskeidenheid onderwerpe, insluitend selfliefde, gewigskwessies, persoonlike sorg, tafelmaniere en vaardighede om jouself teen boelies te beskerm! Dit word aangebied in ’n prettige, veilige en gelukkige atmosfeer waar elke dogter persoonlike aandag kry,” sluit Winckler af.
Met die nodige kennis en vaardighede, sal GIRL-SCHOOL ’n behoorlike fondasie lê waarop meisies kan bou om gelukkige, gesonde en sterk vroue te word wat reg is om die wêreld aan te vat en te verander!
Besoek ons webblad om ’n GIRL-SCHOOL naby jou op te spoor by www.girlschool.co.za.
VOLG ONS OP SOSIALEMEDIA:
Facebook: https://www.facebook.com/girlschoolsa/
Instagram: @girlschool_global
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webwerf: www.starburstmusic.co.za