SIMONÉ ROETS & ESTIAAN VERWELKOM EERSTELING!
Die uiters talentvolle Simoné Roets en haar man, Estiaan, het op 24 Oktober 2022, hul eersteling, Somer Anneh Roets in die wêreld verwelkom.
Somer is by die Kloof Hospitaal in Pretoria gebore en die ouerpaar is oorstelp met vreugde. “Ons is so dankbaar vir God se genade en goedheid. Somer is perfek geskape en ek en Estiaan is albei smoorverlief,” vertel Simoné opgewonde.
Simoné het ook vir Somer ‘n baie besonderse boodskap geskryf. “Mag jy wees soos die seisoen Somer vir ander. Wees die warmte, die sonnigheid, die troos, die liefde en die vreugde wat die rondom jou nodig het.”
Simoné Roets het in 2021 opslae gemaak met die vrystelling van haar eerste Afrikaanse enkelsnit en musiekvideo, Dans in die Donker, wat onmiddellik die belangstelling van Afrikaanse luisteraars, media en radiostasies geprikkel het. Daarna het Ongerep (saam met Joshua na die Reën) en Om Elke Hoek en Draai gevolg, wat baie goed ontvang is en gereeld oor die radio gehoor kan word.
Simoné het in Nelspruit groot geword en het eers op universiteit haar passie vir musiek ontdek. Sedertdien het sy ’n kortspeelplaat en verskeie ander Engelse liedjies uitgereik en was sy ook betrokke by die Hillsong City Campus in Brisbane, Australië, waar sy vir lank gewoon het.
Sy is baie opgewonde om terug te wees in haar geboorteland en en sien uit om haar eerste Afrikaanse album vroeg in 2023 uit te reik.
Simoné sal ook te sien wees op die verhoog by hierdie jaar se Aitsa Afrikaanse Toekennings as een van die gaskunstenaars saam met kunstenaars soos Riaan Benade, Elandré, Demi Lee Moore, Tarryn Lamb, Rocco de Villiers en Droomsindroom.
SOSIALEMEDIASKAKELS:
Instagram: @simone_roets_
Facebook: https://www.facebook.com/simoneroets.music/
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UC2_Nq9GLhF-RdnWAhGLQoFQ
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES
Gizela Sharim
Sel: 083 399 6869
E-pos: gizela@starburstmusic.co.za