OPWINDENDE NUWE AANLYN REEKS ONDERSOEK DIE SUKSESGEHEIME VAN BEKENDE SUID-AFRIKANERS

Screenshot_20230403_123300_Dropbox

Dr. Johan Beukes, hoëprestasieleierskapafrigter en inspirerende spreker, het pas ’n opwindende nuwe aanlyn reeks bekendgestel wat op suksesvolle Suid-Afrikaners fokus.

DIE ANDER KANT VAN SUKSES bestaan uit eerlike en intieme onderhoude met verskeie plaaslike bekendes wat suksesvol is in hul onderskeie velde en na wie mense opkyk.

Die idee vir die program het ontstaan uit die besef dat mense geneig is om sukses te verromantiseer. Dit gaan gewoonlik gepaard met groot opgewondenheid,” sê Johan. “Wat min mense egter besef is dat sodra jy sukses bereik het, sit jy weer met ander uitdagings en geleenthede. DIE ANDER KANT VAN SUKSES is ’n gulde geleentheid om saam met diegene wat anderkant sukses leef te kuier en vir mense te wys hoe dit daar lyk.”

Die eerste episode, wat in samewerking met Starburst Promotions en ISC Creative vervaardig is, fokus op die sosiale invloeder, Chané Grobler wat tans meer as 2.5 miljoen volgelinge op TikTok het en sal vanaf Donderdag, 6 April om 10h00 op Facebook beskikbaar wees. Facebook: https://www.facebook.com/jabeukes1/

Kyk na ‘n lusmaker hier: https://www.dropbox.com/s/mh9wdu3gacjh88g/04%20anderkantsukses%20onderhoude%20chane%20grobler%20teazer%2001.mp4?dl=0

Oor die volgende paar weke, kan kykers ook uitsien na gesprekke met suksesverhale soos Leon van Nierop, Aletté-Johanni Winckler, Venessa Schoeman, Jak de Priester, Nicholis Louw, Hunter Kennedy, Llewellyn Greeff, Corli Botha, Henk Pretorius en Lizz Meiring, om maar net ’n paar te noem, oor hulle pad na sukses en die lewe daarna.

As een van Suid-Afrika se voorste leierskapafrigters, met meer as 23 jaar se ondervinding, het Johan saam met duisende plaaslike en internasionale leiers, spanne en organisasies gewerk om leiding te bied op hulle leierskapavontuur.

Ek geniet dit om met suksesvolle mense te gesels en iets van hulle wêreld uit te vind en met ander te deel,”

verduidelik dr. Beukes. “Nie almal het die geleentheid of toegang om met hierdie bekendes ’n gesprek te voer nie. Hopelik sal my vrae hulle help met raad vir hulle eie reis na sukses.”

Johan het natuurlik self ook al baie prestasies bereik. As kenner in sy veld, beskik hy oor ’n meestersgraad in teologie, ’n honneursgraad in bedryfsielkunde, ’n MPhil in leierskap en ’n doktorsgraad in opvoedkundige sielkunde.

Verder het dié veelsydige man ook ’n internasionale sosiale entrepreneurskap-program by INSEAD Executive Education voltooi in 2015, gevolg deur ’n opkomende leiers-kursus by Harvard Universiteit in 2016. In 2018 is hy genooi om die kursus oor leierskapeienskappe by die Leadership College in Londen by te woon. 

Sy kwalifikasies word deur verskeie akkreditasies aangevul – hy is ’n gekwalifiseerde lewens- en besigheidsafrigter, ’n gespesialiseerde afrigter wat fokus op die ontwikkeling van individue se sterkpunte (Strengthsfinder), ’n Myers-Briggs-fasiliteerder en ’n kulturele transformasie-hulpmiddel-fasiliteerder. Johan, wat spog met ’n indrukwekkende CV, is ook as ’n psigometris by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika geregistreer én ’n geakkrediteer Enneagram-fasiliteerder.

Sy eie suksesse steun sy lewensdoel om “suksesvolle mense – veral leiers, spanne en organisasies – by te staan op hulle reis om hulle lewensdoel te identifiseer en ’n verskil te maak”.

Ons dink altyd dat daar universele geheime is tot sukses, maar eintlik het elkeen van ons ’n unieke storie – ’n menslike storie. My doel met die reeks is om mense hoop te gee dat hulle ook sukses kan bereik,” voeg dié leierskap- en sukseskenner by oor DIE ANDER KANT VAN SUKSES.

Die reeks is vir mense wat honger is om die wêreld ’n beter plek te maak, om vooruit te gaan, dinge te laat groei en nie bang is vir verandering nie,” sluit hy af.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/jabeukes1/

Instagram: @jabeukes

LinkedIn: https://www.linkedin.com/in/dr-johan-beukes/

Webwerf: www.johanbeukes.com

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za