ROMANTIESE KOMEDIE, STROOI, DIE EERSTE PLAASLIKE ROLPRENT MET ASIATIESE AKTEURS IN DIE HOOFROLLE

Talent-Etc™ se produksieafdeling, Life-Etc™, is trots en opgewonde om eersdaags ’n splinternuwe rolprent met Suid-Afrikaanse gehore te deel!

STROOI, ’n baanbreker-romantiese komedie, spog met ’n diverse rolverdeling en is die eerste plaaslike rolprent met ’n Afrikaanse én Asiatiese akteur in die hoofrolle.

Jefferson Jīnlòng Lan en Izette Blignaut neem die voortou in hierdie produksie, met die ondersteuning van talent, soos Danielle Retief, Rowlen von Gericke, TikTokker Chad Jones, Elma Potgieter, André Retief, Thiart Li en sosialemediastêr, Chanley Wong.STROOI vertel die verhaal van ’n Dewetsdorpse plaasmeisie en skoolfotograaf Madelaine, vertolk deur Izette Blignaut, wat met haar aankoms in Gauteng ’n onverwagse ontmoeting met ’n aantreklike vreemdeling, gespeel deur Jefferson Jīnlòng Lan, het wanneer haar kar langs die pad breek.

’n Kommunikasiegaping en ’n reeks misverstande veroorsaak dat Madelaine sy hulp weier en hul ontmoeting in ’n hewige onderonsie ontaard. Wanneer sy egter by haar beste vriendin en dié se buitelandse verloofde, gespeel deur Danielle Retief en Chad Jones, se troue aankom om haar plek as strooimeisie in te neem, is sy geskok om uit te vind dat dieselfde vreemdeling wat sy op die pad teëgekom het toe al die tyd die strooijonker is.

So, word hulle dus geforseer om hulle verskille opsy te skuif en seker te maak dat die troue ’n reusesukses is. Die film is deur Life-Etc™ vervaardig, met Jennis Williamson en JC Snooke as regisseurs, en bied skreeusnaakse tonele en emosionele oomblikke soos wat die troue van die jaar ontvou.

“Dit is tyd dat ons Asiatiese verteenwoordiging in Suid-Afrikaanse rolprente en televisie vier, en ons is geëerd om hierdie baanbrekende beweging saam kykNET te loots,” sê Williamson en Snooke.

STROOI sal op 24 Junie 2023 om 8nm op kykNET (kanaal 144) vrygestel word, waarna dit op DStv Catch Up en Showmax beskikbaar sal wees.

Moet dit nie mis nie! Kyk die lokprent hier: https://youtu.be/256ok9YrFtQ

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/talent.etc/

Instagram: @talent.etcTwitter: @talent_etc

Webwerf: www.talent-etc.co.za

NAVRAE:Jennis Williamson, Talent-Etc Tel: 011 482 6245

E-pos: jennis.williamson@talent-etc.co.za

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Gizela Sharim

Sel: 083 399 6869

E-pos: gizela@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za