HUISGENOOT KONDIG TOP 10 MEJ. TIENER 2024-FINALISTE AAN

xr:d:DAGBQxSZK-E:10,j:5848347803460822407,t:24040307

Honderde inskrywings en baie opwinding later, is die top 10 finaliste van die splinternuwe weergawe van Huisgenoot se ikoniese Mej. Tiener 2024-kompetisie uiteindelik aangekondig!

Die 10 meisies wat om hierdie gesogte titel gaan meeding en reeds twee botteltjies parfuumolie, ’n notaboek en drasak van Tapputi Egyptian Perfume Oils ontvang, is: Amy-Leigh Shirley, Ané Lamprecht, Carli Oosthuizen, Danielle Joubert, Hildegard Havenga, Jackie de Klerk, Lily Mtsweni, Mareli Jordaan, Telisa van Heerden en Tiara van Wyk.

WORLD LEISURE HOLIDAYS(WLH) wil graag elkeen van die top 10 finaliste geluk wens met hulle prestasies sover. Dit is vir ons ’n plesier en voorreg om met sulke besonderse en talentvolle jongmense geassosieer te word en weet dat die wenner ’n ware rolmodel vir ander tieners gaan wees,” sê Elaine Durr, bedryfsdirekteur van dié gesogte toer operateur wat een van die borge is van die kompetisie. “Ons wens julle baie sterkte toe vir die volgende been van die kompetisie en sien uit daarna om deel te wees van die res van hierdie opwindende reis.”

Huisgenoot het vanjaar besluit om hierdie gewilde kompetisie wat in 1962 begin het, te laat herleef in ’n poging om ’n splinternuwe generasie lesers, tussen die ouderdom van 13 en 18, te bereik en is baie beïndruk met die kreatiewe inskrywings wat hulle ontvang het.

Daar was soveel pragtige en talentvolle meisies wat ingeskryf het dat dit moeilik was om ’n top 10 te kies, maar ons glo dat elkeen van die finaliste iets uniek na die tafel toe bring en ons sien uit om te sien wie met die titel gaan wegstap,”Huisgenoot se redakteur, Yvonne Beyers.

Die publiek kan vir hulle gunsteling gaan stem op die hub by https://projekte.netwerk24.com/mej-tiener-stem-2024/index.html waar die top 10 se video’s en foto’s verskyn. Onderaan elkeen se naam, is daar dan ’n vorm wat voltooi moet word om te stem.

Buiten vir die titel, sal die wenner ook wegstap met ’n hele paar lekker pryse:

  • ’n Vakansie vir haar en haar gesin in Mauritius, geborg deur World Leisure Holidays.

  • Haar verhaal sal in Huisgenoot verskyn, met haar inlasfoto op die voorblad. Die artikel sal ook verskyn op huisgenoot.com en gedeel word op Huisgenoot se sosiale media.
  • Mej. Tiener sal as model op Huisgenoot se modeblaaie pryk en ’n gas-aanbieder wees in ’n program op die VIA-televisiekanaal.
  • ’n Pryspakket van Tapputi Egyptian Perfume Oils wat vyf botteltjies parfuumolie, notaboeke en drasakke insluit. Sy kan ook genooi word om as model in bemarkingsmateriaal vir dié handelsnaam te verskyn.
  • R10 000 kontant.

Stemme sluit op 2 Mei 2024, so vriende en familie moet wikkel om hul stem te laat tel.

SOSIALEMEDIASKAKELS:

WORLD LEISURE HOLIDAYS

Facebook: https://www.facebook.com/WorldLeisureHolidays

Instagram: @worldleisureholidays

Webwerf: www.wlh.co.za

HUISGENOOT

Facebook: https://www.facebook.com/huisgenoot?mibextid=ZbWKwL

Instagram: https://www.instagram.com/huisgenoot?igsh=Y3Y4MDl2cGwxd3dk

TikTok: https://www.tiktok.com/@huisgenoot?_t=8jLdd3g59hW&_r=1

X: https://x.com/huisgenoot?t=JPtLp0BMqurLkO_gMbcgBQ&s=09

Webwerf: https://www.netwerk24.com/huisgenoot

PUBLISITEIT EN BEMARKING:

STARBURST PROMOTIONS

Gizela Arndt

Sel: 083 399 6869

E-pos gizela@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za