JY IS NOOIT TE OUD OM JOU EIE BESIGHEID TE BEGIN NIE!

Baie mense glo dat entrepreneurskap slegs vir diegene in hulle twintig of dertigs is. Wanneer jy eers oor veertig, is dit maklik om te glo “ek is nou te oud”, of “dis te laat vir my”.

Maar volgens Magriet Groenewald, bekende sosialemediabemarkingspesialis, kan niks verder van die waarheid af wees nie. Sy verklap hoe jy op enige ouderdom aanlyn ’n ekstra inkomste kan verdien.

Slegs jy kan jou drome se vervaldatum bepaal,” sê sy. “Dis nooit te laat om jou eie klein besigheid te begin nie, al is dit net om jou inkomste aan te vul. Hoe oud jy is en waar jy vandaan kom, maak glad nie saak nie. Ek glo, inteendeel, dat die wysheid wat saam met ouderdom kom ’n groot bate vir jou besigheid kan wees.” 

As jy genoeg dryfkrag, motivering en passie het, kan jy op 40, 50, 60… of selfs 70 ’n nuwe onderneming begin en ’n sukses daarvan maak. Die heel beste tyd om dit te doen is nou! 

Daar is ’n hele gemeenskap entrepreneurs wat tans besig is om te wys dat ouderdom net nog ’n nommer is wanneer dit by besigheid kom en van haar studente is lewende bewyse hiervan. 

Melinda Botha het, byvoorbeeld, op 46 Deafways begin. Dit is ’n platform waarmee sy die kommunikasiegapings in dowe gemeenskappe help oorkom.

Adri van Rooyen (44) het weer Magnificent Kids begin waar sy programme ontwikkel en vir kinders taalvaardighede aanleer, terwyl Joan Hope op die ouderdom van 75 begin het om aanlyn klasse te gee met haar besigheid Successful Chemistry Tuition for IGCSE to A Level.

Kenny het op die ouderdom van 53 die Academy of Dental Marketing begin, nadat jare se ondervinding in die bedryf hom ’n gaping in die mark laat sien het vir die beter opleiding van praktykbestuurders. 

Omdat ons in ’n digitale wêreld leef, het die manier waarop ons met ander mense kommunikeer verander. Hierdie nuwe wyse van kommunikasie skep soveel nuwe geleenthede om heel gemaklik ’n ekstra inkomste te kan verdien. Die internet is vol geleenthede om jou stokperdjie in ’n winsgewende besigheid te omskep. Jy moet net weet hoe om dit reg te gebruik.

Magriet deel ’n paar maniere waarop jy aanlyn ’n ekstra inkomste kan verdien:   

E-handelsplatforms: Dis baie maklik om ’n aanlyn winkel te begin. Met webwerwe soos Shopify, Etsy, en Amazon, kan jy enigiets – van handgemaakte items tot digitale produkte – reg oor die wêreld verkoop.

Vryskut-webwerwe: Het jy kennis of vaardighede om te deel? Webwerwe soos Upwork, Fiverr, en Freelancer stel jou in staat om geld te maak met vaardighede soos grafiese ontwerp, skryfwerk, kodering, of digitale bemarking. Só kan jy met kliënte reg oor die wêreld werk. 

Sosialemediabemarking: Sosiale media gaan nie net meer oor kommunikasie met vriende nie. Dit is ’n kragtige manier om jou diens of produk te bemark. Jy kan nou Instagram, Facebook, en TikTok gebruik om jou handelsmerk uit te bou en sodoende meer van jou diens of produkte verkoop.

Aanlyn kursusse: Jy kan jou eie aanlyn kursusse skep en jou kundigheid verkoop. Omdat mense reeds die waarde begin besef het daarvan om eerder aanlyn te studeer en nuwe vaardighede aan te leer, is hierdie bedryf besig om vinnig te groei.  

Inhoudskepping: Hou jy van blogs skryf, podsendings of video’s maak? Jy kan ’n inkomste hiermee verdien. Platforms soos YouTube, Patreon, en Medium stel jou in staat om geld verdien deur middel van advertensies, borgskappe, en subskripsies.

Onthou, om jou entrepreneurskap-droom uit te leef en ’n realiteit daarvan te maak is heeltemal moontlik, of jy nou besig is om ’n onderneming te begin of graag net ’n ekstra inkomste wil verdien”, sê Groenewald.

Volgens haar is die opsies eindeloos. Wat belangrik is, is om bewus te word van hierdie geleenthede rondom jou, dit te identifiseer en dan die geleenthede aan te gryp wat na jou kant toe kom. 

Oor die kenner: 

Groenewald is die eienaar en stigterslid van Magriet.co, ’n aanlyn sosialemediabesigheidskool. 

Hierdie kreatiewe brunet se passie is om entrepreneurs, besigheidseienaars en beïnvloeders te bemagtig om hulle aanlyn-voetspoor te vergroot en sodoende hulself, en hulle produkte, beter te bemark. 

Gedurende nege opwindende jare in die bedryf, het sy al saam met verskeie bekendes gewerk.

Sy woon tans in Somerset-Wes saam met haar man en drie van hul vyf kinders. 

SOSIALEMEDIASKAKELS:

TikTok: @Magrietgroenewald

Facebook: https://www.facebook.com/magrietgroenewaldsocial

Instagram: @Magriet.co

X: @Magriet.co

Webblad: www.magriet.co

YouTube: Magriet Groenewald

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za